fbpx
Vryheidsfront Plus

Skoon oudit beteken nie noodwendig goeie dienslewering

Dit is ʼn skande dat die inwoners van Manenberg en elders op die Kaapse Vlakte moet sukkel met vervalle wooneenhede en vervalle trappe terwyl die Stad Kaapstad traag is om kontrakteurs aan te stel om herstelwerk te doen.

Dit was skokkend om op nasionale televisie te sien hoe die stad roem op ʼn skoon ouditverslag en met trots ʼn begroting met R11 miljard aankondig terwyl dienslewering nie op standaard is nie.

Dit gebeur teen die agtergrond van bewerings in die media van bedrog en korrupsie deur die voormalige burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings en amptenare in die betrokke departement.

Terwyl die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, roem oor die vlekkelose bestuur van die metro, word die forensiese verslag oor hierdie ongerymdhede agter slot en grendel bewaar.

Daar is ook stilswye oor die bewering dat die betrokkenes deur die polisie ondersoek word.

Swak dienslewering is dus nie noodwendig die gevolg van ʼn skoon ouditverslag nie. Die manier is waarop die stad na sy belastingbetalende inwoners omsien, laat veel te wense oor.

Dis duidelik dat die lewensomstandighede van die inwoners van die Kaapse Vlakte nie belangrik is vir die DA-munisipaliteit nie.

Tog sal hul stemme by die stembus goed genoeg wees tydens aanstaande jaar se verkiesing. Die DA sal dan vra dat dieselfde mense wat nou van die stukkende trappe afval, vir die party moet stem.

Die munisipaliteit het skerp stygings in sy begroting aangekondig wat die mense van Kaapstad verder gaan verarm. Die basiese heffing op elektrisiteit styg met R185.00 en vir water R65.44.

Die inkomste wat uit elektrisiteit en waterverbruik gegenereer is, was voorheen genoeg om vir instandhouding te betaal.

Die bykomende heffings gaan die stad se inwoners verder verarm terwyl die middelklas reeds sukkel om kop bo water te hou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.