Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Modimolle-Mookgophong: VF Plus ondersteun begroting met voorwaarde dat tariewe hersien word

Die VF Plus het die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Nylstroom, Naboomspruit, Roedtan, Alma, Vaalwater) se begroting vir 2023/24 gesteun met die voorwaarde dat tariewe hersien word.

Voorgestelde tariefverhogings is onder meer:
– Water : 45%
– Riool : 60%
– Vullis : 35%

Die rede wat aangevoer word vir dié verhogings is sodat die munisipaliteit genoeg inkomste kan genereer om sy lopende rekening te vereffen.

Daar word ook beoog om munisipale personeel te vermeerder van 531 na 908.

Die VF Plus is nie gekant teen sleutel-aanstellings soos ʼn senior elektrisiën en ʼn watertegnikus nie. Daar moet egter gewaak word teen aanstellings wat die munisipaliteit se salarisrekening gaan verhoog sonder om dienslewering te verbeter.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.