Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Senior bestuurders se aanstellings in Ekurhuleni-metro sal nie terugwerkend aangepas word

Die VF Plus in die Ekurhuleni-metroraad het sterk standpunt ingeneem teen ’n voorgestelde terugwerkende aanpassing van diensvoorwaardes vir munisipale en senior bestuurders (Artikel 56-bestuurders). Druk van die VF Plus het uiteindelik daartoe gelei dat die item verwerp is.

Ingevolge die Munisipale Stelselswysigingswet (2022) word senior bestuurders wat direk aan die munisipale bestuurder rapporteer, voortaan vas aangestel.

Hierdie wysiging vervang die vorige stelsel van vyfjaar-vastetermynkontrakte met die doel om groter administratiewe kontinuïteit te bevorder en politieke inmenging te verminder.

Die VF Plus is onversetlik dat bestaande vyfjaar-vastetermynkontrakte nie terugwerkend na vaste aanstellings omskep moet word nie. Hierdie poste is wettiglik geadverteer en aanvaar as vastetermyn-ooreenkomste.

Enige poging om dit nou eensydig te verander, skep ernstige kommer rakende billikheid, goeie bestuur en regsekerheid.

Daar bestaan ook geen duidelike wetgewende grondslag vir die outomatiese en onmiddellike omskakeling van bestaande vastetermynkontrakte na vaste aanstellings nie.

Die huidige ooreenkomste is wettig bindend en moet gerespekteer word sodat werknemers hul ooreengekome kontraktydperk kan voltooi.

Eers nadat hierdie termyn verstryk het, kan die betrokke poste as vaste betrekkings geadverteer en gevul word in volle ooreenstemming met die nuwe wetlike vereistes en sonder om regsekerheid te ondermyn.

Behoorlike prestasie-evaluering en aanspreeklikheid moet sentraal bly in die vaste aanstelling van alle senior bestuurders.

Die VF Plus bly verbind tot deursigtige, wetlike bestuur. Dit is in die beste belang van die metro én sy werknemers dat aanstellings op meriete en volgens die korrekte wetlike prosedures geskied, sonder om die integriteit van munisipale prosesse in die gedrang te bring.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.