fbpx
Vryheidsfront Plus

Sekuriteit by polisiekantore moet opgeskerp word

Die VF Plus het vandag die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, gevra om dringend voorkomende sekuriteitsmaatreëls by polisiekantore in te stel om aanvalle op polisiekantore en -beamptes af te weer.

Twee polisielede is gisteraand doodgeskiet in ‘n beweerde lokval in Boksburg.

Die twee lede het op ‘n oproep oor ‘n sterfte gereageer waarna hulle deur drie mans met vuurwapens genader is. Die mans het hul vuurwapens en koeëlvaste baadjies geëis waarna die polsielede doodgeskiet is.

In ‘n tweede voorval is ‘n vroue-polisielid aangeval, maar het daarin geslaag om die aanval af te weer en een van die verdagtes dood te skiet.

In nog ‘n voorval het die polisie se intelligensie-eenheid onlangs inligting ontvang dat ‘n aanval op die Akasia- en die Soshanguve-polisiekantoor beplan word.

Die polisie het dadelik op die inligting gereageer en die beplande aanvalle is afgeweer.

Drie vermeende diewe het op 4 Oktober by die Devon-polisiekantoor ingestap en polisielede se wapens afgeneem en weggehardloop. Drie gewere en sewe pistole word vermis.

Die VF Plus het verskeie kere kommissaris Mawela gewaarsku dat hy polisielede behoorlik moet toerus en polisiekantore nie onderbeman moet laat funksioneer nie.

Die party sal nie ophou om die kommissaris daarop te wys dat die lewens van polisielede belangrik is en dat geen wapen in die hande van vermeende rowers mag beland nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.