fbpx
Vryheidsfront Plus

Schaik-aansoek vir gewone parool skandalig

“Shabir Schaik se aansoek om sy mediese parool om te skakel in gewone parool, is bewys dat sy mediese parool ‘n klug was. Vir mediese parool moes hy terminaal siek gewees het, en indien hy nou genees is, moet omvattende inligting beskikbaar gestel word watter mediese behandeling hy ontvang het.

“Die aansoek getuig ook van Schaik se denke dat hy verhewe is bo die reg en met die regte vriende wette en reëls kan omseil. Die boodskap is dat indien jy die regte politieke verbintenisse het, jy misdaad kan pleeg en indien jy tronk toe gaan is dit net tydelik want daar sal ‘n skuiwergat wees om vroeg op parool uitgelaat te word. Dit is in teenstelling met Clive Derby-Lewis wat werklik siek is en aan kanker ly, maar nie mediese parool ontvang nie.

“Hierdie aansoek van Schaik moet afgekeur word anders sal dit net nog ‘n skandvlek op Korrektiewe Dienste se naam wees en mediese parool ‘n klug maak,” sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor Korrektiewe Dienste.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.