fbpx
Vryheidsfront Plus

Nala-rioolaanleg verwoes en gevandaliseer

Terwyl riool in die strate van Wesselsbron loop, is ‘n splinternuwe rioolaanleg in onbruik en word dit gevandaliseer.

Tydens die 2008/09 finansiële jaar is die nuwe rioolaanleg goedgekeur. ‘n Kontrakteur is dienooreenkomstig aangestel om die aanleg te bou. Die aanleg is nooit voltooi nie, aangesien die munisipaliteit die kontrakteur nooit ten volle betaal het nie. Daar is geen poging aangewend om hierdie aanleg te voltooi en in gebruik te neem nie. Ook is daar geen sekuriteitsmaatreëls geïmplementeer om die toerusting en infrastruktuur op die perseel te beveilig nie.

Valerie Maas, Vryheidsfront Plus-raadslid in Nala-munisipaliteit, sê dat sy uiters geskok is om te sien hoe peperduur pompe en ander toerusting wat vir die nuwe rioolaanleg aangekoop is, nou totaal verwoes, gevandaliseer en geplunder is.

Die VF Plus se standpunt is dat goeie finansiële beplanning en bestuur, asook nodige projekbestuur deur bekwame amptenare aan die orde van die dag behoort te wees. Weens die wanbestuur en die aanstel van onbevoegde kaders ly Nala Munisipaliteit se belastingbetalers nou onder die totale verval van die munisipaliteit se infrastruktuur.

Die VF Plus eis dat die munisipaliteit daadwerklik moet optree om die aanleg te herstel en te voltooi, sodat dit in gebruik geneem kan word tot voordeel van alle inwoners van Wesselsbron. Maas sê dat totdat ‘n nuwe kontrakteur aangestel is om die aanleg te voltooi moet daar gefokus word op die beveiliging van die aanleg om verdere vandalisering te voorkom.

Die foto’s meegaande toon die verwoesting van die peperduur toerusting.

 

VALERIE MAAS

082 925 0835

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.