fbpx
Vryheidsfront Plus

Magashule is onbevoeg om probleme op te los

Terwyl die Vrystaat op alle vlakke in chaos gedompel is, gaan premier Ace Magashule waarskynlik tydens sy openingsrede weereens verval in blaamverskuiwing, politieke retoriek en ontkenning.

Volgens Wouter Wessels, VF Plus-lid in die Vrystaatse Wetgewer, het premier Magashule reeds bewys dat hy nie bevoeg is om die probleme van die Vrystaat aan te spreek nie.

Wessels meen dat ‘n verantwoordelike premier die probleme en tekortkominge sal erken. Die premier moet erken dat die Vrystaatse departement van gesondheid ‘n volskaalse krisis beleef. Hy moet ook erken dat Vrystaatse munisipaliteite in chaos verkeer, dat werkloosheid toeneem en dat ekonomiese groei gestrem is. Die probleme in die Vrystaat sal slegs opgelos word indien die mislukking van die huidige benadering erken word en nuwe oplossings geïmplementeer word.

Die inwoners van die Vrystaat gaan gebuk onder uiters swak tot geen dienslewering. Die premier en sy provinsiale regering het ‘n grondwetlike verpligting om op munisipale vlak in te gryp.

Wessels voeg by dat premier Magashule sal moet verduidelik hoekom sy aankondigings, planne en sogenaamde suksesse wat hy tydens sy openingsrede van verlede jaar geopper het, geen verskil aan die algehele verval van die Vrystaat gemaak het nie.

Die Vrystaat het die privaatsektor se beleggings nodig om werkloosheid en ekonomiese groei aan te spreek. Die premier moet deur sy openingsrede stabiliteit en ‘n gunstige klimaat vir die broodnodige beleggings skep. Hy gaan waarskynlik egter die teenoorgestelde doen.

 

082 674 6670

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.