fbpx
Vryheidsfront Plus

Twaalf punte waaraan die premier van Gauteng aandag moet gee

Met die oog op die jaarlikse opening van die Gauteng Wetgewer eerskomende Maandag en die lewering van die premier, David Makhura se provinsiale rede, het die VF Plus in Gauteng ‘n 12 punt plan voorgestel waaraan die premier dringend moet aandag gee.

Die VF Plus sê dat die inwoners van Gauteng graag sal wil sien dat die premier dringend aandag moet gee aan die volgende belangrike sake:

Die VF Plus se LPW in die Gauteng Wetgewer, Philip van Staden, sê dat dit uiters noodsaaklik is dat die premier dringende aandag aan die twaalf punte moet gee en dat die hy nie weer, soos in 2014, sinnelose aankondigings maak soos die instelling van gratis Wi-fi-sisteme, ens in die provinsie nie.

“Die VF Plus spreek die hoop uit dat die premier vanjaar gaan aandag gee aan ons 12 punt plan en dat die premier deeglik en hard gaan ingryp in die wanorde in Gauteng en die inwoners van Gauteng die versekering gee dat hul belastinggeld reg spandeer en aangewend word en dat hul veiligheid in hierdie provinsie verseker word.”

Van Staden het gesê dat die VF Plus die premier eerskomende Maandag sal dophou.

 

Philip van Staden LPW Gauteng

Tel: 084 015 4722

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.