Die Vryheidsfront Plus het kennis geneem van nuusberigte op sekere radiostasies waar Sanral padgebruikers wat nie hulle e-tolrekeninge vereffen nie, met arrestasie en tronkstraf dreig. Volgens nuusberigte op Highveld Stereo en Talk 702 het Sanral die publiek gewaarsku om te betaal of tronk toe te gaan. Sou die berigte korrek wees en Sanral wel mense so dreig, dan staan dit in kontras met wat die minister van vervoer in die parlement gesê het, het adv. Anton Alberts gereageer.
“Ek het verlede maand in ‘n mondelinge vraag aan die minister gevra of Sanral van plan was om gewone skuldinvordering toe te pas vir uitstaande rekeninge of mense te arresteer. Sy het ietwat sarkasties geantwoord dat ek ‘n regsgeleerde is en dat ek behoort te weet dat Sanral nie die pad sal gebruik om mens te vervolg nie,” het Alberts verduidelik.
Haar presiese woorde was: “Since Mr Alberts is an advocate, he should know very well that Sanral is not going to use the road to sentence people” (Hansard Woensdag 5 Maart 2014).
Die minister het wel ook verder gesê dat Suid-Afrika ‘n aktiewe hof en regstelsel het. Hiermee kan mens redelikerwys die afleiding maak dat Sanral nie e-tolskuldenaars strafregtelik sal vervolg nie.
Die VF Plus sal dus sorg dat die minister by haar word gehou word en sal enige iemand bystaan wat wel vervolg word.
Kontaknommers: 082 391 3117