fbpx
Vryheidsfront Plus

Met Zuma se reaksie oor Nkandla minag hy die OB en Grondwet van SA

Zuma se verskoning dat hy nie gaan reageer totdat hy ook die verslag van die spesiale ondersoekeenheid oor die aangeleentheid ontvang het nie, is ‘n manier om sy verantwoordelikheid voor die verkiesing van 7 Mei te ontduik, het dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep, gesê.

“Die feit dat Zuma nie voldoen aan die OB se vereiste om binne 14 dae te reageer nie, beteken dat hy die OB se amp minag en sodoende die Grondwet van Suid-Afrika ondermyn.

“Dit is nie die eerste keer dat dit voor ‘n verkiesing gebeur nie. Kort voor die 2009-verkiesing het ons ‘n soortgelyke situasie gehad toe dit gegaan het oor die honderde klagte van onder meer afpersing, geldwassery en bedrog.

“Indien Zuma so onskuldig en so onkundig oor die Nkandla-aangeleentheid is soos hy beweer, het hy nou die ideale geleentheid gehad om sy onskuld in die parlement te bewys. Hy het verkies om dit nie te doen nie.

“Dit is ondenkbaar dat Suid-Afrikaners op 7 Mei na die stembus kan gaan met hierdie wolk wat oor die kop van die president en die nommer een kandidaat van die ANC hang.

“Pres. Zuma skuld Suid-Afrika antwoorde voor die verkiesing ten einde kiesers in staat te stel om ’n deurdagte keuse tydens die verkiesing te maak.”

 

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.