Enige politieke stap, soos ’n opposisie-koalisie, samesmeltings of ANC-skeurings wat die ANC se dominansie in die politiek verswak, moet verwelkom word.
Die vraag is of die samesmelting van die DA en Agang daartoe gaan bydra dat die ANC se huidige dominansie van die Suid-Afrikaanse politiek verminder?
Die logiese vraag is wat nou verander het? Hierdie kiesers het juis Agang ondersteun omdat hulle nie vir die DA kans gesien het nie. Gaan dr. Ramphela daarin slaag om hierdie Agang-kiesers na die DA saam te neem of is hulle verlore as anti-ANC stemmers?
’n Proses waardeur spesifieke politieke partye die maksimum stemme uit hulle nismark kry om dan in ’n koalisie saam te werk, het in ander lande bewys trek in totaal meer opposisiestemme as ’n samesmelting van uiteenlopende partye. Daarom ondersteun die VF Plus die gedagte van ’n Demokratiese Kollektief waarvan Agang ook lid kon word.
Volgens huidige inligting gaan die DA se naam, logo en beleid in geen opsig verander na die samesmelting nie. Die huidige proses is dus eerder ’n parallel met die inslukproses wat met die OD gebeur het waar hulle leier, Patricia de Lille, ’n prominente posisie in die DA gekry het, maar die gewone lede en ondersteuners verdwyn het.
Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403