Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Saak teen Zuma-dogter Duduzile stuur regte boodskap oor geweld

Die inhegtenisneming en saak teen Duduzile Zuma-Sambudla, dogter van oudpresident Jacob Zuma, stuur die regte boodskap oor aanhitsing van geweld in Suid-Afrika en die VF Plus verwelkom die optrede teen haar.

Zuma-Sambudla het vandag in die landdroshof in Durban verskyn oor die grootskaalse onrus in Julie 2021 en sy is op waarskuwing vrygelaat.

Die VF Plus verwag dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) die vervolging behoorlik sal behartig en dat sy nie spesiale behandeling sal ontvang omdat sy ‘n hoë profiel-persoon is nie.

Die feit dat sy ‘n parlementslid is maak die aanklagte soveel meer ernstig en werp ‘n slegte refleksie op die leiersmateriaal van sekere persone in die geledere van die MK-party van Jacob Zuma.

Zuma-Sambudla word aangekla ingevolge artikel 14 van die Wet op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terrorisme en Verwante Aktiwiteite.

Die VF Plus hoop dat die Valke die ondersoek behoorlik gedoen het en dat Zuma-Sambudla ‘n gepaste vonnis opgelê sal word indien sy skuldig bevind word.

Die saak moet ‘n sterk boodskap aan die publiek stuur dat niemand bo die wet verhewe is nie, sodat gebeure soos die 2021-onrus hom nie herhaal nie.

Menseverhoudings in Suid-Afrika is broos gegewe die ANC-regering se jare lange optrede teen veral minderhede en die land kan nie leiers bekostig wat onrus en geweld aanhits nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.