Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kaapstad: Bewerings oor klopjag op burgemeesterskomiteelid se kantoor moet uitgeklaar word

Die VF Plus en ander opposisiepartye in die Wes-Kaapse wetgewer het ʼn vergadering met die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Thembisile Patekile, versoek om vas te stel of die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, mnr. JP Smith, wel ʼn wenk ontvang het oor die beplande klopjag op sy kantoor.

Die versoek kom ná bewerings dat Smit reeds verlede jaar oor ‘n moontlike klopjag ingelig is en dit aan me. Helen Zille, DA-federale voorsitter, genoem het.

Hierdie inligting gooi ‘n donker skadu oor die integriteit van die polisie-ondersoek en dit moet uitgeklaar word.

Ongeag die meriete van die saak, is dit van die uiterste belang om seker te maak dat ʼn ondersoek nie onbehoorlik beïnvloed word nie en dat alle bewerings van korrupsie deeglik en ongehinderd ondersoek word in belang van geregtigheid.

Die VF Plus is verbind tot die oppergesag van die reg en sal sy rol speel om seker te maak dat daar nie ingemeng word by die ondersoek nie, maar ook dat die ondersoek nie misbruik en aangevuur word slegs vir politieke gewin sonder meriete nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.