Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Rustenburgse raadslede moet onmiddellik hul agterstallige munisipale skuld betaal

Die VF Plus in die ANC-beheerde Rustenburgse munisipale raad, het verlede Vrydag ʼn mosie ingedien wat die munisipaliteit gebied om agterstallige munisipale skuld van meer as R4 miljoen van plaaslike raadslede in te vorder.

Die mosie volg op ʼn verslag oor raadslede se munisipale skuld wat by die raad ingedien is. Uit die verslag is dit duidelik dat die munisipaliteit reeds vir ʼn geruime tyd versuim om agterstallige munisipale skuld by raadslede in te vorder.

Dit blyk duidelik dat verskillende stelle reëls vir inwoners en belastingbetalers en wanbetalende munisipale raadslede geld.

Ingevolge die toepaslike munisipale wetgewing mag raadslede nie agterstallige munisipale skuld vir ʼn periode van langer as drie maande hê nie.

Raadslede word ook wetlik verplig om hul korrekte woonadresse, asook van enige ander eiendomme wat hulle besit, by die speaker te verklaar.

ʼn Groot aantal raadslede het versuim om dit te doen en dit het ʼn ondersoek deur die munisipaliteit geverg om die werklike uitstaande skuld van raadslede te bepaal.

Uitstaande rekenings wissel van R1 000 tot R 206 000.

Die VF Plus eis in die mosie dat die invordering van munisipale skuld konsekwent en streng in terme van die munisipaliteit se invorderingsbeleid gedoen word.

Hierdie beleid bepaal onder meer dat tussen 20% en 50% van die uitstaande skuld onmiddellik betaalbaar is met die balans wat oor ʼn tydperk van 6 tot 18 maande gedelg moet word.

Dit blyk dat ʼn groot aantal raadslede die invorderingsbeleid wil omseil en op voorkeurbehandeling wil aandring met gunstiger afbetalingsvoorwaardes. Dit is ʼn skande dat hulle dit enigsins oorweeg om hul politieke ampte te misbruik ten koste van belastingbetalers.

Die VF Plus sal bly stry vir ʼn skoon munisipale administrasie in ʼn korrupsievrye omgewing in Rustenburg.

Die inwoners van Rustenburg en Marikana verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Denise Janse van Rensburg

Ekurhuleni se skuldkrisis vererger

Die Ekurhuleni-metro se toenemende finansiële wanbestuur blyk duidelik uit die finansiële verslag vir die derde kwartaal vir die 2024/25-boekjaar. Luidens dié verslag beloop die metro

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.