Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Roossenekal: Jongste aanval dui op weerloosheid van landelike gemeenskappe

Die jongste aanval op ’n 64-jarige vrou op ʼn plaas in die Roossenekal-omgewing, toon duidelik hoe weerloos en uitgelewer inwoners van landelike gebiede is.

Luidens berigte is die vrou deur haar slaapkamervenster met ʼn windbuks geskiet en in die kop en neus gewond.

Dié aanval volg kort ná die grusame moord op die 78-jarige mnr. Robert Stoltz op 1 Mei net twee kilometer van hierdie aanval.

Geen verdagte is in verband met die onderskeie voorvalle aangekeer nie.

Die VF Plus veroordeel hierdie aanvalle en die brutaliteit wat daarmee gepaardgaan ten sterkste en eis dat plaasmoorde- en aanvalle tot ʼn prioriteitsmisdaad verklaar word.

Daar moet ook daadwerklik opgetree word teen politieke partye soos die EFF, wat emosies opjaag met opruiende uitsprake en die sing van liedjies soos “Kill the boer, kill the farmer.”

Die party doen opnuut ʼn beroep op landelike inwoners om paraat te wees, veiligheidsmaatreëls op te skerp en aan te sluit by hul plaaslike veiligheidstrukture.

Die VF Plus spreek sy simpatie uit met die familie en geliefdes van mnr. Stoltz

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.