fbpx
Vryheidsfront Plus

Riool vloei deur Wellington se strate

Die VF Plus in die Drakenstein-plaaslike munisipaliteit (Gouda, Paarl, Saron, Wellington) is geskok oor hoe min dié munisipaliteit vir die plaaslike dorpe omgee. In Wellington het riool verlede week deur die strate begin vloei nadat pompe by die rioolaanleg gebreek het. Die riool beland eindelik in die Bergrivier.

Die VF Plus het die probleem dadelik onder die Drakenstein-munisipaliteit se aandag gebring en die probleem is teen verlede Vrydag reggestel.

Met ‘n inspeksie vanoggend deur die VF Plus se takvoorsitter op Wellington, het riool steeds in die afloopslote om woonhuise gelê.

Dit is nou die tweede keer in ses maande dat die pompe by die rioolaanleg in Stokeryweg, onklaar raak. Die uiteinde is dat riool opstoot en uitvloei by die mangatdeksels in Carstensstraat en in mense se erwe beland.

Verder vind die riool sy pad na die bekende Bergrivier, waar baie boerdery- en ontspanningsaktiwiteite van die water afhanklik is. Die besoedeling hou ‘n groot gevaar in vir mense wat water uit dié rivier benut.

Dringende vrae sal gevra moet word oor Wellington se riool- en waterinfrastruktuur en die onderhoud daarvan. Dit gebeur gereeld dat lekkasies voorkom op plekke waar dit kort tevore herstel is.

Dit is duidelik dat die tyd aangebreek het om die betrokke infrastruktuur op te gradeer en die VF Plus sal die munisipaliteit hieroor nader om te hoor wanneer dit gedoen gaan word.

Die VF Plus sal aanhou om druk op die Drakenstein-munisipaliteit te plaas om seker te maak dat diensleweringsprobleme reggestel word. Inwoners is geregtig op die diens waarvoor hulle betaal.

Navrae: 074 934 3664

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.