fbpx
Vryheidsfront Plus

Wetsontwerp op Munisipale Strukture: ANC slaan nie ag op eie wetgewing nie

(Debat in parlement)

Al is die bedoeling van ‘n wet goed, sal die Wetsontwerp op Munisipale Strukture steeds misluk aangesien die ANC wette bloot as riglyne beskou en dit daarom nie uitvoer nie.

Intussen is die verval van munisipaliteite besig om ‘n toenemende las op belastingbetalers te plaas waar inwoners, wat reeds vir dienste betaal maar dit nie ontvang nie, self die dienste begin lewer. ‘n Sprekende voorbeeld is Kgetlengrivier waar inwoners sekere dienste oorgeneem het na ‘n hofuitspraak in dié verband.

Die hofbevel het ook gelas dat die munisipale bestuurder tronkstraf van 90 dae moet uitdien indien waterverskaffing en riolering nie binne tien dae herstel word nie. Dit het nie gebeur nie en steeds is die munisipale bestuurder in sy pos en nie in die tronk nie.

Wat die nakoming van wetgewing aanbetref, is die beste bewys hiervan die optrede van raadslede, burgemeesters en speakers van rade wat in baie gevalle self nie eens vir dienste betaal nie terwyl daar geen gevolge vir hulle is nie.

Hierdie mense is veronderstel om die bepaalde wette af te dwing terwyl hulle self nie daaraan gehoor gee nie.

Dit wil voorkom of die ANC plaaslike regering bloot sien as ‘n plek waar kaders wat elders misluk het, herontplooi kan word en waar geld van die gemeenskap afgeneem kan word vir eie gewin. Dit is nie meer die middelpunt vir dienslewering nie, maar ‘n kweekhuis vir korrupsie.

Die regering se pogings om die sogenaamde distriks-ontwikkelingsmodel in werking te stel om hom selfs groter mag te gee, is ‘n tekenende voorbeeld van die vlak van veral in plaaslike regering en die ANC se onwilligheid om uitvoering te gee aan wetgewing oor dienslewering en infrastruktuur.

Die regering moet besef dat Suid-Afrikaanse burgers en belastingbetalers nie die staat se slawe is nie, maar dat die regering in diens staan van die belastingbetalende publiek. Dit blyk egter dat die ANC-regering nie meer in staat is om dit raak te sien of te besef nie.

Die enigste manier om beter dienslewering te bekom, is daarom om van die ANC ontslae te raak. Hierdie geleentheid doen hom voor met die plaaslike regeringsverkiesing later vanjaar.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.