fbpx
Vryheidsfront Plus

Riool in Postmasburg stroom reeds jare lank – op die oog af pla dit Tsantsabane-munisipaliteit glad nie

Jarelange rioolprobleme op Postmasburg, een van die land se snelgroeiende myndorpe, gaan oënskynlik ongesiens by die Tsantsabane-plaaslike munisipaliteit verby.

Dit is deel van die gebied wat deur Kuruman, Kathu, Daniëlskuil en Postmasburg self gemerk word, waar die ekonomie jare lank reeds sterk groei. Gevolglik groei die dorpe ook sterk, wat in hierdie tyd van ekonomiese agteruitgang 'n baken van hoop is.

Ongelukkig kan die Tsantsabane-munisipaliteit op die oog af nie met die groei byhou nie. Dit blyk uit 'n rioolkrisis in die dorp, wat reeds oor verskeie jare strek.

Die VF Plus het verlede jaar ondersoek ingestel nadat inwoners gekla het dat die begraafplaas so met riool besoedel is, dat hulle nie die grafte van geliefdes kan besoek nie. Die media het daaroor berig en noodsaaklike herstelwerk is gedoen wat die situasie verlig het.

'n Ander probleem, wat herhaaldelik sedert 2017 by die munisipaliteit aangemeld is, het sedertdien vererger. Dit is dat pompe buite werking raak en rioollyne op verskeie plekke verstop is, wat lei tot bogrondse rioolriviere, selfs deur woonerwe.

Inwoners rapporteer dat gereelde interaksie met die betrokke amptenare en die wykraadslid soms tot aksie lei, maar dat die probleem oorhoofs gesien, steeds vererger. Dit is duidelik omvattende ingryping is noodsaaklik om 'n ekologiese ramp af te weer.

Dit lyk egter of die dreigende krisis die Tsantsabane-munisipaliteit nie pla nie. Derhalwe neem die VF Plus die probleem na volgende regeringsvlakke.

Navrae: 074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.