Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Regulasies vir Gelyke Indiensnemingswet is ‘n poging om minderhede te verarm en uit ekonomie te sluit

“Die VF Plus vind die regulasies wat die minister van Arbeid, me. Mildred Oliphant, in terme van die Wet op Gelyke Indiensneming uitgereik het, ondeurdag en diskriminerend. Die party gaan daarom ‘n skrywe aan die minister rig waarin sy versoek gaan word om die regulasies terug te trek om verdere stappe deur die party te voorkom,” sê adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Arbeid.

Die regulasies maak voorsiening daarvoor dat slegs nasionale demografiese syfers van die land gebruik word om aanstellings in professionele beroepe en senior bestuursposte te bepaal en nie streeksdemografie nie.

“Hierdie is ‘n kwalik bedekte poging van die regering om swart mense tot nadeel van wit en bruin mense in hoogsbetaalde posisies aan te stel, minderhede uit die ekonomie te sluit en sodoende te verarm. Dit is bekend dat wit en bruin mense in sekere streke oorverteenwoordig is, soos die oorgrote meerderheid ekonomies aktiewe meerderheid mense in die Wes-Kaap en Noord-Kaap wat bruin is en die konsentrasie van Afrikaners in die Pretoria-omgewing. Hierdie nuwe regulasie sal meebring dat daar drastiese interne migrasie van bruin en wit werkers sal moet plaasvind indien hulle vir senior poste in aanmerking wil kom.

“Die VF Plus sal saam met die Khoi- en San-groepe die diskriminerende regulasies en die onafwendbare gevolge daarvan onder die aandag van die VN se Menseregtekommissaris asook die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) en Internasionale Strafhof bring. Die besluit van die ANC-regering om streeksdemografie uit die definisie van ‘gelyke verteenwoordiging’ vir sekere kategorie beroepe te sluit is niks anders as diskriminasie wat nie in terme van die Grondwet geregverdig kan word nie en internasionale riglyne en regulasies van instellings soos die VN en IAO, waarvan SA ‘n lid is, ignoreer.

“Dit is ook duidelik dat die ANC-regering met hierdie regulasies probeer om die Arbeidshof se uitspraak in die Wes-Kaapse departement van korrektiewe dienste-saak, waarvolgens streeksdemografie oorweeg moet word by die aanstelling van personeel, te omseil. Die ANC-regering respekteer nie die uitsprake van die howe nie en probeer deur hierdie regulasies provinsies te dwing om meer swart mense in diens te neem.

“Die sogenaamde transformasie wat die regering voorstaan en implementeer is in werklikheid niks anders as die maatskaplike manipulasie van die samelewing waarvolgens swart mense gehelp word om welvaart te bekom en bruin en wit mense in ondergeskikte posisies geplaas word. Die VF Plus sal saam met ander minderheidsgroepe en burgerlike samelewingsorganisasies teen hierdie diskriminasie veg,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommer: 082 3913117

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.