fbpx
Vryheidsfront Plus

Regering skrik laat wakker oor jarelange verrotting by Eskom

Die regering se erkenning dat Eskom se geldprobleme Suid-Afrika se ekonomie in duie kan laat stort, is ‘n geval van te min te laat aangesien daar oor jare sienderoë toegelaat is dat Eskom deur wanbestuur en korrupsie tot op die randjie van bankrotskap gedwing is, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Malusi Gigaba, minister van finansies, en mnr. Cyril Ramaphosa, adjunk-president en nuutverkose leier van die ANC, het vanoggend erken dat die situasie by Eskom ‘n nasionale krisis is en dat die tesourie bloot nie die geld het om hom te red nie.

Adv. Alberts sê dit is verstommend dat die regering nou eers besef hoe ‘n groot krisis Eskom se geldprobleme vir die land inhou.

“Noudat die brand Rome feitlik totaal in puin gelê het, hoor die regering eers die alarms lui. Eskom is drooggemelk in die proses van staatskaping en die plundering van die land se bates veral by staatsentiteite.

“Die VF Plus sal versoek dat ‘n kommissie aangestel word om ondersoek in te stel na presies wie verantwoordelik was vir Eskom se agteruitgang, en dat diegene wat by ongerymdhede betrokke was, vervolg moet word,” sê adv. Alberts.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.