fbpx
Vryheidsfront Plus

Mogale City (Krugersdorp) se speaker jaag VF Plus en ander opposisielede uit raadsvergadering

Die ANC-speaker van Mogale City het vandag die VF Plus en ander opposisieraadslede beveel om die raadsaal te verlaat nadat VF Plus-raadslid, Amanda de Lange, die speaker daarop gewys het dat sy besluite wil goedkeur wat nie aan die vereistes van die Munisipale Stelselswet voldoen nie, sê Jaco Mulder, VF Plus-provinsiale leier vir Gauteng.

Die ANC-beheerde raad het tydens Maandag se raadsvergadering gepoog om ‘n organogram goed te keur wat ‘n invloed op die raad se begroting sal hê sonder dat die vereiste publieke deelname prosesse gevolg is.

Hierdie organogram vorm ‘n integrale deel van die raad se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) en moet deur ‘n volstrekte meerderheid raadslede ondersteun word terwyl die speaker poog om dit met ‘n gewone meerderheid te laat instem.

“Die belastingbetalers van die Mogale City word sedert die Augustus 2016-plaaslike regeringsverkiesing deur die ANC-speaker gyselaar gehou deur ‘n raad wat onregmatige besluite neem en deur ‘n minderheid beheer word.

“Die reglement van orde waarvolgens die raad bestuur word, is nie deur die raad goedgekeur en ook nie geproklameer nie. Die VF Plus het reeds in 2017 ‘n klag hieroor by die openbare beskermer ingedien.

“Die wil van die meerderheid kiesers moet so gou moontlik herstel word deur die veelparty koalisie te herstel, sê Mulder.

Kontak: 082 4663 786 / 062 391 1804

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.