Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Regering se reaksie op onlangse onrus bloot blaamverskuiwende poging van ‘n mislukte regering

(Debat in parlement: Oorsigbesoek van handel en nywerheidskomitee aan KwaZulu-Natal en Gauteng)

Die regering se reaksie dat mense steel omdat hulle arm is en vandaliseer omdat hulle kwaad is, is bloot ‘n blaamverskuiwende poging van ‘n mislukte regering.

Die onlangse onrus, plundering en vernietiging van eiendom in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng, sowel as die reaksie van die regering, het die land se beleggingsvertroue na die laagste vlak in twaalf maande gedwing en was ‘n ernstige terugslag vir die land se ekonomiese herstel post Covid-19.

Die algemene reaksie van verskeie senior politici en regeringsamptenare is dat die onlangse onrus die dringendheid van 'n meer inklusiewe ekonomie beklemtoon het om sodoende te verhinder dat diegene wat die demokratiese bestel wil ondermyn, vrugbare toestande onder gemeenskappe vind om uit te buit. Ekonomiese ongelykheid word ook as ‘n erflating van apartheid beskou.

In 1994 was daar sowat 3,5 miljoen werklose mense in Suid-Afrika en na 27 jaar van ANC-regering is die werkloosheidsyfer nou meer as 11,4 miljoen.

Die tendens van toenemende ongelykheid het gedurende die periode 2008 tot 2017 baie erger geword, wat presies ooreenstem met die jare van die voormalige ANC-president Zuma se ampstermyne.

Die vraag behoort dus nie te wees of ongelykhede sedert die einde van apartheid verminder het nie, maar of ongelykhede sedert die einde van apartheid toegeneem het.

Die Suid-Afrikaanse regering glo sterk in herverdeling, maar selfs indien alle belasting en oordragte in ag geneem word, sal die Gini-koëffisiënt oor die bevolking se proposionele inkomste steeds 0,63 wees – die hoogste ter wêreld.

Die blote herverdeling van hulpbronne sal slegs die herverdeling van armoede tot gevolg hê. Werkskepping kan slegs verkry word deur ekonomiese groei.

Die departement van handel, nywerheid en mededinging moet reageer op die huidige krisis met 'n nuwe blik op plaaslike ekonomiese ontwikkeling.

Die stimulering van lokalisme en ontwikkeling van gemeenskapsgegronde ekonomieë is nou noodsaaklik en die grootste gawe vir werklike vryheid om gelykheid te bewerkstellig.

Die ekonomiese stabiliteit van gemeenskappe wat hulself respekteer, sal armoede en ongelykheid uitroei.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.