fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verheug oor swaar straf vir plaasaanvallers

Die VF Plus verwelkom die skuldigbevinding en swaar vonnisse wat aan drie Mosambiekse burgers opgelê is vir die aanval op mev. Magdaleen Britz en haar plaaswerkers in November 2020.

Die aanval het op die plaas Karkloof in die Harrismith-distrik plaasgevind.

Die plaaswerkers is aangerand en skote is op Britz gevuur.

Die feit dat drie van die aanvallers effektiewelik 19 jaar tronkstraf opgelê is, skep vertroue en gee hoop aan weerloses.

Die party loof die goeie ondersoekwerk van Bloemfontein se georganiseerde misdaadtak en in besonder adjudant-offisiere EM Mahotsi en JD Engelbrecht wat bygedra het tot die skuldigbevinding en vonnisoplegging van die aanvallers.

Om plaasaanvalle en -moorde te bekamp, is dit belangrik dat die strafregstelsel funksioneer en dié tipe misdadigers swaar gestraf word.

Die VF Plus sal aanhou om druk op die regering te plaas om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.