Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Regering se ideologiese oorbeklemtoning van grond sal tot SA se ondergang lei

Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaats wetgewer, het in ‘n debat oor die begroting vir die departement van landbou en landelike ontwikkeling gesê dat die regering se oorbeklemtoning van grond tot Suid-Afrika se ondergang sal lei. Hy het gewaarsku dat Suid-Afrika op dieselfde krisis as wat Zimbabwe tans beleef, afstuur.

Wessels het gesê dat die regering moet ophou om populistiese geluide te maak en besef dat Suid-Afrikaners sonder voedsel gaan sit as hulle nie daadwerklike maatreëls instel en hande vat met kommersiële landbou om voedselsekerheid vir die land te verseker nie.

“Die Suid-Afrikaanse Buro vir Voedsel en Landboubeleid het onlangs bevestig dat die droogte ‘n ooglopende impak op landbou en gevolglik verbruikersprodukte en voedsel gehad het. So het die koste van mieliemeel byvoorbeeld met 22% toegeneem oor die verloop van die laaste jaar. Waar gaan dit eindig as die regering van die dag midde reuse eksterne drukfaktore op die landbousektor nog kommersiële boere van hul grond verjaag, terwyl 90% van hul vorige grondhervormingsprojekte reeds misluk het?” het Wessels gevra.

Die departement moet fokus op belangriker kwessies soos die aanpassing by klimaatsverandering en die impak daarvan. Die Suid-Afrikaanse landskap is besig om te verander, verstedeliking neem toe en die platteland is besig om te ontvolk. Die vraag na voedsel raak groter, soos die populasie groei, maar dit raak daagliks moeiliker om genoeg voedsel te produseer weens verskeie faktore.

Die departement en regering is veronderstel om voedselvoorsiening te prioritiseer deur aandag aan slim-landbou ("SmartAgri") wat klimaatsverandering in ag neem te gee en ophou om ideologiese uitlatings vir goedkoop politieke punte te maak. ‘n Honger volk ken nie lojaliteit nie en dit sal tot die ANC, maar ook Suid-Afrika se ondergang lei.

 

Kontakbesonderhede: 082 674 6670 / 072 997 8315

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.