fbpx
Vryheidsfront Plus

Departement van openbare werke en infrastruktuur is nie ‘n prioriteit vir die ANC nie

Die department van openbare werke en infrastruktuur word deur ‘n seremoniële LUR bestuur, het Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer, in ‘n debat oor die departement se begroting in die Wetgewer gesê. Me. Dora Kotzee besef nie dat sy die politieke hoof van haar departement is nie. Sy woon nie komiteevergaderings by nie en maak nie erns met die belangrike verantwoordelikheid wat op haar skouers rus nie.

Die ANC-regering slaan nog minder ag op die belangrikheid van hierdie departement en sy werksaamhede.

Wessels het gesê dat openbare werke en infrastruktuur die ruggraat van die provinsie se ekonomiese ontwikkeling is. Gedurende die 2016/17 finansiële jaar het die departement R10 miljoen benodig om ‘n behoeftebepaling ten opsigte van instandhouding van infrastruktuur te doen en benodig vir die nuwe finansiële jaar weer R10 miljoen om die agterstand aan te spreek. Daar word egter slegs R1.5 miljoen geallokeer om hierdie belangrike taak uit te voer. Die departement gee ook toe dat daar nie enigsins genoeg fondse is om die agterstand met instandhouding aan te spreek nie.

Wessels het gesê dat instandhouding van provinsiale infrastruktuur, soos hospitale en skole nie ‘n prioriteit vir die regering is nie. Toe daar ‘n begrotingsurplus was, is dit op luukshede bestee in plaas daarvan om lewensnoodsaaklike infrastruktuur in stand te hou en te ontwikkel.

Wessels het die Alfred Nzula-hospitaal by Trompsburg as voorbeeld van swak beplanning genoem. Hierdie hospitaal moes reeds in 2012 geopen het, maar tog het die departement gedurende die laaste aansuiweringsbegroting eers ‘n verdere R10 miljoen versoek om die rioolstelsel van die hospitaal te voltooi. Hierdie rioolstelling kos reeds R27 miljoen. Dit is duidend van die departement se swak beplanning.

“Die regering moet wakker word. Die provinsie se infrastruktuur val uitmekaar en die gemeenskap van die Vrystaat ly daaronder, terwyl die ringkoppe die beperkte fondse op luukshede bestee,” het Wessels gesê.

 

Kontakbesonderhede: 082 674 6670 / 072 997 8315

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.