fbpx
Vryheidsfront Plus

Regering se eensydige Palestynse standpunt is kortsigtig

Die Suid-Afrikaanse regering en president Zuma se ongebalanseerde en eensydige standpuntinname ten gunste van die Palestyne en teen Israel tas Suid-Afrika se internasionale geloofwaardigheid aan. Met hierdie standpunt skiet die Suid-Afrikaanse regering homself ook in die voet en verseker dat ons geen rol in die konflik kan speel nie. Daarom is dit ‘n mors van geld en aanmatigend om ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Midde-Ooste te stuur. Plaas dat die ANC eerder aandag aan Suid-Afrika se eie probleme en die konflikte in Afrika gee.

Die twee-staat oplossing kan die probleme in die Midde-Oosterse konflikgebied oplos. Voor dit geïmplementeer kan word, is dit egter noodsaaklik dat Hamas en die fundamentalistiese Moslem-wêreld die bestaan van Israel erken.

Vrede en goeie buurskap in die Midde-Ooste sal deur gesprek en onderhandeling en nie op ‘n militêre wyse verkry word nie. Vir sulke onderhandelinge om te slag moet die bona-fides van alle deelnemers aanvaar word met wedersydse erkenning van mekaar.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.