fbpx
Vryheidsfront Plus

Regering moet sê hoeveel geld is sedert 2018 aan Emfuleni geskenk

Die VF Plus het gevra dat ʼn omvattende verslag aan die raad van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) voorgelê word rakende die hoeveelheid geld wat die nasionale regering sedert 2018 aan die munisipaliteit as reddingsboei geskenk het.

ʼn Regeringsafvaardiging wat bestaan het uit pres. Cyril Ramaphosa en die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, het verlede Vrydag ʼn oorsigbesoek aan Emfuleni gebring om vas te stel hoe ver die provinsiale en nasionale regerings se ingrypingsplan gevorder het.

Pres. Ramaphosa het Emfuleni verlede jaar ook besoek en beloof om 40 paaie in die munisipaliteit te bou. Hiervan het niks gekom nie.

ʼn Verdere R1,1 miljard is ook beloof om die waterstelsel op te gradeer en te herstel.

Tot op hede is slegs R260 miljoen hiervan ontvang.

Die VF Plus wil weet wat het van die res van die geld geword en waarom die beloofde paaie nog nie gebou is nie.

Lesufi het Emfuleni in sy toespraak aangeraai om sy begrotingsgeld oordeelkundig te gebruik, maar die munisipaliteit het die afgelope ses jaar ʼn onbefondsde begroting. Die geldkoffers is leeg.

Terwyl Lesufi ʼn positiewe prentjie oor Emfuleni probeer skep het, vloei die riool steeds in die strate, riviere word besoedel en inwoners is al hoe meer sonder elektrisiteit.

Ramaphosa en Lesufi se besoek aan Emfuleni is net nog een van die ANC-regering se verkiesingsfoefies waar beloftes gemaak word wat geen resultate oplewer nie.

Die inwoners van Emfuleni betaal ten duurste vir dienste wat hulle nie ontvang nie.

Emfuleni verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.