fbpx
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni gaan sukkel om diens te lewer

Die VF Plus het die Ekurhuleni-metro gewaarsku dat dié metro nie die inkontraktering van dienste kan bekostig nie en deur die instelling daarvan kan die metro verder in die skuld verval.

Ekurhuleni het nog altyd van kontrakteurs gebruik gemaak om sekere dienste te voorsien.

Dit is te betwyfel of die metro die eerste fase van dienslewering, wat sekuriteits- en skoonmaakdienste insluit, suksesvol sal kan uitvoer aangesien dit ʼn aansienlike verandering in die 2023/24-finansiële begroting teweeg sal bring.

Die besluit om nou self dié dienste te lewer, sal beteken dat die metro gespesialiseerde mense in diens sal moet neem wat die salarisrekening sal laat toeneem.

Die metro sal ook die nodige toerusting, uniforms en so meer moet verskaf.

Ekurhuleni het slegs twaalf dae se kontantvloei beskikbaar en dit is nie eers genoeg om sy Eskom- of Randwaterrekeninge te betaal nie. Die metro skuld Eskom tans R1,6 miljard.

Die metro is reeds meer as 30 dae agterstallig om sy top 1000 krediteure te betaal.

Die party is van mening dat die verandering nie oornag kan plaasvind nie en tot nege jaar sal duur alvorens die metro self dienste kan lewer.

Die VF Plus is nie in wese daarteen gekant dat die metro self sy dienste lewer nie, maar Ekurhuleni se finansies laat dit tans nie toe nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.