fbpx
Vryheidsfront Plus

Creecy sleep voete met regstellende stappe na Biesiesvlei-brandramp

Die minister van bosbou, visserye en omgewingsake, Barbara Creecy, en haar departement sloer om gepaste stappe te neem nadat duisende buitebande by ʼn bandbergingsgerief by Biesiesvlei in Noordwes groot omgewingskade tydens ʼn brand aangerig het.

Dit blyk uit ʼn antwoord op ʼn vraag van die VF Plus in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP).

Die brand, wat in Juliemaand ontstaan het weens ʼn veldbrand, was boonop nadat die VF Plus reeds in Mei vanjaar die minister gewaarsku het oor die omgewingsgevaar wat dié aanleg vir die omgewing in hierdie ekologies-sensitiewe landbougebied inhou.

Uit ʼn vroeëre antwoord van die minister het dit ook geblyk dat Noordwes se provinsiale regering dit nie nodig geag het om ʼn omgewingsimpakstudie te laat doen voordat die aanleg daar gevestig is nie.

In haar antwoord oor die aangeleentheid is Creecy ontwykend en sy maak geen melding van enige spesifieke stappe wat geneem is of van persone wat aanspreeklik gehou gaan word vir die skade aan die omgewing nie.

Sy poog wel om die aanleg te verontskuldig deur te meld dat die voorval weens ʼn veldbrand plaasgevind het en nie op die bergingsperseel ontstaan het nie.

Die minister meld ook dat ʼn tender uitgereik is om ʼn maatskappy aan te stel om die perseel op te ruim – drie maande na die brand. Geen datum vir die afhandeling van die werk word verskaf nie.

Die VF Plus het reeds vroeër uitgewys dat die opruiming dringend moet plaasvind met die reënseisoen op hande.

Die hoop as van die uitgebrande bande bevat ʼn groot hoeveelheid skadelike chemikalieë wat tydens swaar reën in die grondwater sal beland en die omgewing verder sal besoedel.

Die ANC-regering se skandelike gebrek aan optrede is des te meer skokkend nadat sy vroeëre versuim reeds tot groot rook- en roetbesoedeling in die gebied gelei het.

Die inwoners van Noordwes verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.