Die ANC-beheerde Madibeng-plaaslike munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort en Mooinooi), het areas in Hartbeespoort begin ontbos op aandrang van die VF Plus.
Hierdie optrede volg nadat tientalle meter kragkabels die afgelope ses weke in Hartbeespoort uitgegrawe is in gebiede waar die ruigtes die optrede van die kabeldiewe verberg.
Hierdie kabeldiefstal het die Ifafi-woonbuurt van Hartbeespoort soms vir dae sonder krag gelaat.
Uit die omvang van die diefstal is dit duidelik dat die skuldiges dae lank onverstoord kon werk om tot 90 meter elektriese kabel op ล slag te verwyder. In een voorval is selfs ล laaigraaf gebruik.
Die gebruik van hierdie tipe toerusting dui op die moontlikheid dat ล sindikaat bedrywig is.
Die VF Plus het ook in samewerking met die gemeenskapspolisiรซringsforum, buurtwagte en private sekuriteitsmaatskappye gereรซl dat sigbare polisiรซring in die gebied verskerp word. Die polisie ondersoek die aangeleentheid.
Die VF Plus sal voortgaan om druk toe te pas dat die owerhede doeltreffende stappe neem om kritieke infrastruktuur te beskerm.
Die inwoners van Madibeng verdien beter as die ANC.


