Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ramaphosa se beloftes oor Emfuleni word nie goed ontvang

President Cyril Ramaphosa se plan om ‘n stad langs die Vaalrivier te ontwikkel is in hierdie stadium vergesog omdat rioolstorting in die Vaalrivier eers stopgesit moet word.

Die rivierpompstasie is reeds vir drie jaar stukkend en geen poging word aangewend om dit te herstel nie.

Pres. Ramaposa het tydens sy presidensiële Imbizo in die George Thabe-stadion in Sharpville, Emfuleni, verskeie beloftes gemaak, maar die uitvoerbaarheid daarvan word bevraagteken.

Die beplande River City kan eers tot stand kom wanneer die rioolsituasie opgelos is.

Hy het ook oor die ekonomiese ontwikkeling van ‘n industriële gebied in die suide van Emfuleni gepraat waar gefokus gaan word op swart bemagtiging. Dit is onaanvaarbaar dat net swartmense gehelp word. Ondernemers kry almal swaar en daarom moet ondersteuning aan almal gebied word.

Die aankondiging dat sowat 35 paaie herstel gaan word, is ‘n pluspunt, maar ook hier is vrae oor die uitvoerbaarheid aangesien die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) reeds bankrot is en ‘n finansiële inspuiting benodig.

Die inwoners se gedrag tydens die Imbizo kan gemeet word aan die gevolg van leë beloftes wat vir jare reeds aan mense gemaak word. Emfuleni verdien beter as die ANC-regering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.