fbpx
Vryheidsfront Plus

Ramaphosa moet oop kaarte speel oor diefstal op sy plaas

(Parlementêre begrotingsdebat: Presidensie)

Die voorval op president Cyril Ramaphosa se plaas waaroor die media tot nou toe berig het, bevat al die elemente van ’n misdryf genaamd afkoping .

Dit is wanneer ‘n slagoffer die oortreder nie laat vervolg nie of die getuienis teen hulle onderdruk in ruil vir ’n teenprestasie.

Die mense van Suid-Afrika kan daarom nie kwalik geneem word wanneer hulle vrae oor die aangeleentheid het nie.

Die president sê hy is bereid om voor die ANC se etiekkomitee te verskyn, maar hy moet eerder oop kaarte speel met die mense van Suid-Afrika. Hy sê self die mense van Suid-Afrika kom eerste en hy moet besef die waarheid sal altyd seëvier.

In sy toespraak het die president ’n totaal verskillende prentjie geskilder van wat in Suid-Afrika aangaan as wat die realiteit weerspieël.

’n Voorbeeld is waar die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) aanbeveel het dat 463 sake teen staatsamptenare ondersoek moet word en dissiplinêre stappe geneem moet word. Dit is nie gedoen nie.

Wat misdaad aanbetref, is meer as 6 000 moorde in die eerste drie maande van vanjaar gepleeg. Daar was 157 907 slagoffers van geweldsmisdaad, meer as 52 000 mense per maand.

Al hierdie mense is erg getraumatiseer. Dit dui op diepliggende maatskaplike probleme.

Nog ’n kommerwekkende verskynsel is waar mense toenemend die reg in eie hande neem. Dit is ’n duidelike boodskap dat die publiek nie meer vertroue in die polisie en die strafregstelsel het nie.

Moord op vroue in die eerste drie maande vanjaar het met 70,5% toegeneem teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Moord op kinders het met 37,2% toegeneem.

’n Interne opname in die polisie het aan die lig gebring dat 53% van alle polisielede sê die polisie is oneerlik. Dit moet dringende aandag geniet.

Die kwessie van Afrikaans is ook belangrik. Die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, dreig om die woord Afrikaans uit die Afrikaanse Taalmonument en -museum te verwyder.

Dit terwyl daar waarskynlik nie nog ’n monument in Suid-Afrika is wat meer inklusief is en meer erkenning gee aan ander tale soos die Nguni- en Khoi-San-tale nie.

Die president het my uitnodiging aanvaar om die monument te besoek sodat hy die simboliek kan verstaan. Dit kan hom tot ander insigte bring.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.