fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom in diepte-ondersoek na Morelettaspruit-besoedeling

Die VF Plus in die Tshwane-metroraad is besorg oor die besoedeling van die Morelettaspruit met die petroleumproduk Bensine.

Die party het die departemente wat besig is met ondersoeke na die oorsprong daarvan, aangemoedig om als in hul vermoë te doen om die skuldige/s spoedig op te spoor.

Nadat die besoedeling aan die lig gekom het, het Tshwane se departemente van omgewingsake, gesondheid en nutsdienste dadelik met voorkomende optrede begin om verdere besoedeling te voorkom.

Die metro se departement van omgewingsake het ook die Groen Skerpioene versoek om met die ondersoek te help.

Die gemeenskap van Pretoria is self baie besorg oor die hoë vlak van besoedeling en het verlede week ‘n vergadering by die Transvaliaskool bygewoon om meer inligting daaroor te bekom.

Gedurende die vergadering is uitgewys dat watermonsters uit die Morelettaspruit ‘n hoë vlak van Bensine bevat en die pyp waaruit dit in die stormwatersloot na die spruit vloei, is opgespoor.

Inwoners rondom die Morelettaspruit word versoek om, indien hulle enige newe-effek ervaar, dadelik ‘n dokter te spreek en ‘n epos met die diagnose te stuur aan die burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, Gertruida Marx by GertruidaM@Tshwane.gov.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.