fbpx
Vryheidsfront Plus

Raak ontslae van pres. Jacob Zuma om land van ekonomiese ondergang te red

Die optrede van president Jacob Zuma is ‘n bedreiging vir die land se ekonomie en die ANC moet nou ingryp en van hom ontslae raak om die land van ekonomiese ondergang te red, sê dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die VF Plus.

Dr. Groenewald het vandag in ‘n ledeverklaring in die parlement gesê almal wil hê dit moet ekonomies met ‘n land goed gaan, want as dit die geval is, is almal in die land voorspoedig.

Hy het gesê daar is ‘n hele paar instellings en faktore wat ‘n rol speel om te bepaal of ‘n land ekonomiese welvaart skep. Een daarvan is dat daar kredietgraderings is wat toegepas word op ‘n land en sy regering.

“Standard & Poor’s het uitdruklik gesê een van die groot faktore wat gaan bepaal of Suid-Afrika afgegradeer gaan word na rommelstatus, is die bestuur van sy staatsinstellings. Nou het die president ‘n koördinerende raad saamgestel wat hom beheer gee oor hierdie staatsinstellings.

“Futuregrowth het hierop gereageer deur te sê hulle gaan nie meer geld leen aan staatsinstellings soos Eskom, Transnet, Sanral, die Landbank of selfs die Nywerheidontwikkelings-korporasie of die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika nie.

“’n Deense bank, die Jyske Bank, het nou ook na vore getree en gesê hy gaan nie verder geld leen aan Eskom nie. Indien Suid-Afrika en die regering ernstig is oor ekonomiese voorspoed, dan vra die Vryheidsfront Plus dat dringend ingegryp word.

“Net die ANC kan van pres. Zuma ontslae raak. Gryp nou in en raak ontslae van hom dat ons weer ekonomiese vooruitgang kan kry,” het dr. Groenewald gesê.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.