fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC is sy eie grootste vyand

Die skok-aankondiging van Futuregrowth Asset Management dat hy nie meer geld aan ses van die land se grootste staatsinstellings gaan leen nie, onderstreep die feit dat die ANC-regering nou sy eie grootste vyand is, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Adv. Alberts sê die ANC kry nou deur sy onbeholpenheid en onderlinge verdeeldheid reg om sanksies teen homself ingestel te kry.

“Sanksies is teen die vorige regering ingestel nie weens onbeholpenheid nie, maar weens sy ideologiese rassebeleid. Die ANC behaal hierdie twyfelagtige prestasie deur sy eie onbevoegdheid.

“Dit raak nou ongetwyfeld vir die wêreld duidelik dat die ANC nie meer die morele hoë grond beklee nie. Oorsese organisasies sal gewis daarvan kennis neem dat ‘n Suid-Afrikaanse instelling sy rug op sy eie land se regering gedraai het en ‘n domino-effek is op die kaarte,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.