fbpx
Vryheidsfront Plus

LUR van gesondheid moet vasgevat word

Die VF Plus het met uiterste skok verneem dat net in 2016 alleen daar reeds nie minder nie as drie psigiatriese pasiënte by die South Rand Hospitaal in Johannesburg na hul dood gespring het.

Volgens berigte het die eerste insident plaasgevind op 12 Mei toe ‘n man van die sewende vloer gespring het. Dit was gevolg deur ‘n tweede persoon wat van die vierde vloer afgespring het nadat sy die diefwering verwyder het. Die derde insident het op 12 Augustus vanjaar plaasgevind. Die departement van gesondheid het reeds hierdie sterftes bevestig.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het in reaksie hierop gesê dat die LUR vir gesondheid in Gauteng, Qedani Mahlangu, die afgelope twee jaar weggekom het met “moord” en nie genoeg verantwoordelikheid neem vir haar departement wat in duie stort nie.

“Duidelik is die LUR nie bevoeg om hierdie departement te beheer en te bestuur nie. Die VF Plus het reeds honderde klagtes vanaf die publiek ontvang oor die toestand van hospitale en klinieke in Gauteng en dit word tans opgevolg. Die LUR gaan nou vasgevat word en die VF Plus gaan toesien dat sy verantwoording doen vir al hierdie voorvalle wat plaasgevind het.”

Volgens Van Staden moet die LUR van die departement van gesondheid iemand wees wat gekwalifiseer is as ‘n mediese dokter en kennis van die mediese wêreld het en nie soos Mahlangu wat ‘n diploma in ekonomie het nie. Sy was vroeër ‘n onderwyseres gewees.

 

Tel: 084 015 4722

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.