Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Publiek moet ligloop vir sms-veldtog van “Sanral”

‘n Uiters onsensitiewe veldtog word tans gevoer deur klaarblyklik Sanral en die SAPD waarin padgebruikers met massa-sms’e gedreig word om agterstallige etol-gelde te betaal, asook dat daar strafregtelik teen hulle opgetree gaan word indien ‘n sekere polisiebeampte nie gekontak word nie, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Die sms wat glo van Sanral afkomstig is lui: “You have overdue e-toll fees and you are now in a debt collection process. Call Sanral on 0800 726 725”.

Die SMS wat glo van die polisie afkomstig is lui: “A case has been opened against you @ SAPS, for more info contact Captain Sithole on 0634201925.”

Adv. Albers sê dit is in die eerste plek uiters onsensitief om so ‘n veldtog, indien dit eg is, oor die feestyd te voer, en dit toon aan hoe gevoelloos en minagtend Sanral teen padgebruikers optree.

“Sanral is bewus van die komende hofsaak wat as toets gaan dien oor die geldigheid van die e-tolstelsel maar gaan steeds onverpoosd voort om sy sogenaamde kliënte te dreig.

“Die VF Plus sal die egtheid van die ‘polisie’-sms ondersoek, en indien dit blyk dat dit wel deur Sanral geïnisieer is, sal die party strafregtelike klagte teen Sanral indien vir ondermyning van die reg.

“Daar bestaan geen klousule in die Strafprosesregwet wat kennisgewings per sms van ‘n strafregtelike klag toelaat nie. Die polisie sal geen sekerheid hê dat die ‘aangeklaagde’ wel die kennisgewing (sms) ontvang het nie weens die onsekerheid of dit suksesvol gestuur is of nie.

“Wat die siviele eis deur invordering aanbetref, is die optrede in swak smaak indien dit wel van Sanral afkomstig is. Sanral is duidelik ‘n ongevoelige instelling net soos sy aandeelhouer in die vorm van die ANC-regering.

“Die VF Plus wil die publiek waarsku om nie gelde in enige rekening oor te betaal bloot op grond van ‘n sms nie. Die sou te maklik wees vir misdadige elemente om op hierdie wyse liggelowige mense te bedrieg,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Denise Janse van Rensburg

Ekurhuleni se skuldkrisis vererger

Die Ekurhuleni-metro se toenemende finansiële wanbestuur blyk duidelik uit die finansiële verslag vir die derde kwartaal vir die 2024/25-boekjaar. Luidens dié verslag beloop die metro

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.