fbpx
Vryheidsfront Plus

Uitslae van basiese onderwys wys falende onderwysstelsel is in ‘n groef

Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel met sy verlaagde standaarde is bloot te gebrekkig om leerlinge na behore voor te berei vir naskoolse opleiding en dit plaas ‘n demper op die uitslae vir die 2017-matrieks wat pas aangekondig is, sê adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, en dr. Wynand Boshoff, VF Plus-leier in die Noord-Kaap.

Adv. Alberts en dr. Boshoff het die suksesvolle leerlinge nogtans namens die VF Plus gelukgewens met die uitslae en het die onsuksesvolles gevra om nie moed op te gee nie en om alles in die stryd te werp om met voortgesette pogings wel hul matriekeksamen te slaag.

Volgens adv. Alberts en dr. Boshoff is daar veral drie groot leemtes wat leerlinge van die huidige stelsel benadeel. Dit is:

Matriek is vir die meeste leerlinge die kwalifikasie waarmee die beroepswêreld betree word, maar tog word daar nie op beroepsvaardighede gefokus nie.

Onderwys word ook toenemend gesentraliseer om die ANC ideologies te dien. Dit marginaliseer almal wat na beter strewe.

In die plek van die Gautengse onderwysminister se voorstel van groter sentralisering in die aanbieding van matriekeksamens, stel die VF Plus groter keusevryheid voor. Skole moet daarvolgens 'n geldelike bewilliging van die staat ontvang, wat gebruik kan word om óf by die departement van basiese onderwys, óf by een van die onafhanklike eksamenrade (IEB of SACAI) in te skryf.

Afrikaanssprekende matrikulante, veral in provinsies soos die Noord- en Wes-Kaap, word ook toenemend deur die hoër-onderwysbedeling in die steek gelaat. In stede daarvan dat hoër onderwys na ander inheemse tale uitgebrei word, word 'n misplaaste weergawe van regstelling gedoen deur Afrikaans op daardie vlak met Engels te vervang.

• Boshoff het in 2011 in Kurrikulumstudies en Instruksionele Ontwerp gepromoveer.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 074 166 5540 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.