Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Provinsiale en nasionale staatsdepartemente skuld Mbombela R136,3 miljoen

Uit vrae wat aan die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza, Witrivier) gerig is, blyk dit dat verskeie provinsiale en nasionale staatsdepartemente sowat R136,3 miljoen aan Mbombela verskuldig is.

Die burgemeester, Sibongile Makushe, het bevestig dat die bedrag dienste gelewer en die huur van eiendom insluit.

Die nasionale staatsdepartemente se totale skuld beloop R51,6 miljoen. R26 miljoen is aan rente verskuldig aangesien betalings vir tydperke langer as 90 dae uitstaande was.

Die provinsiale departement van openbare werke, paaie en vervoer se totale skuld aan die munisipaliteit beloop byna R51 miljoen en is deel van die totale provinsiale regeringskuld van sowat R84,6 miljoen.

Die provinsiale departement van onderwys se skuld beloop R20 miljoen. Die res van die skuld word deur verskeie ander departemente opgemaak.

Indien die provinsiale regering sy munisipale skuld delg, sal dit reeds baie van die munisipaliteit se kontantvloeiprobleme oplos.

Provinsiale departemente wat nie hul skuld aan Mbombela vereffen nie, ontneem effektiewelik die gehalte van dienslewering wat die munisipaliteit aan inwoners verskuldig is.

Dit is onaanvaarbaar dat departementele swak beplanning en onverantwoordelike finansiële bestuur afwentel na plaaslike regering tot nadeel van inwoners.

Die regering skuld homself geld en die nimmereindigende skuldverskuiwing van een vlak van regering na ‘n ander kan nie langer geduld word nie.

Die VF Plus is van mening dat die ANC as geheel sy verbintenis tot die verbetering van dienste moet eerbiedig deur inkomsteverbeteringsstrategieë ten opsigte van belastingbetalers se uitstaande skuld in te stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.