fbpx
Vryheidsfront Plus

Premier Makhura stem saam met VF Plus dat aggressiewe stappe nodig is om ekonomie te red

Premier David Makhura het vandag in die Gautengse wetgewer in reaksie op ‘n vraag van die VF Plus erken dat Gauteng besig is om te de-industrialiseer en dat werksgeleenthede verlore gaan.

Die premier het die skuld daarvoor op globalisering en internasionale oop markte geplaas en niks genoem van die ANC se eie aandeel daaraan nie.

Premier Makhura het met die VF Plus saamgestem dat aggressiewe stappe geneem sal moet word om aktiewe industrialisasie moontlik te maak en om meer aandag aan die verskeie spesiale ekonomiese sones in Gauteng te skenk. Volgens Makhura sal Gauteng se regering met die departement van handel en nywerheid in dié verband skakel.

Die VF Plus het voorgestel daar word ernstig gekyk na aansporings soos belastingverligting binne die spesiale ekonomiese sones. Die party sal die voorstelle verder met die premier bespreek om Gauteng se ekonomie te versterk.

Die VF Plus sal voortgaan om druk op die ANC-regering te plaas om sinvolle en lewensvatbare ekonomiese beleid te implementeer wat groei sal ontsluit en lei tot werkskepping.

Kontaknommer: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.