Die aankondiging van die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, dat die senior sertifikaat-eksamen voortaan ook in Xhosa geskryf kan word, is 'n stap in die regte rigting. Die ontkenning van moedertale is een van die faktore wat onderprestasie 'n chroniese verskynsel in Suid-Afrikaanse onderwys maak.
Die magstryd in Suid-Afrika het van taal 'n politieke speelbal gemaak. Moedertaalonderrig is as "verdeel en heers" afgemaak.
Die opkomende swart elite het Engels deurgaans in hul interne kommunikasie gebruik en ook daarop aangedring as onderrigmedium. Selfs Transkei het, toe dit in 1963 selfregering verkry het, isiXhosa as onderrigtaal met Engels vervang.
Dit lyk na 'n voorbeeld van digterlike geregtigheid dat isiXhosa, die eerste slagoffer van die eentaalbeleid, die eerste taal is om na 1994 in ere herstel te word.
Die VF Plus het hom uit die staanspoor daarvoor beywer dat Suid-Afrikaners deur hul moedertale bevry en bemagtig word, eerder as om deur 'n taal van verowering aan bande gelê te word.
Kontaknommer: 074 166 5540