Die huidige staatstoelaag aan kinderhuise is onvoldoende en skeep ‘n uiters weerlose deel van die gemeenskap af wat onder die broodlyn moet leef weens die ontoereikende toelaag.
Die VF Plus het vandag ‘n parlementêre mosie ingedien waarin gevra word om die huidige finansieringsmodel vir kinderhuise te debatteer aangesien Suid-Afrika se voedsel-armoedelyn op R561 (sowat R18,70 per dag) per persoon per maand geraam word terwyl kinderhuise tans so min as R17 per kind per dag ontvang.
Die Grondwet van Suid-Afrika vereis van die regering om die gepaste stappe te neem om te verseker dat almal in die land die reg het op 'voldoende voeding'.
Dit plaas ‘n verpligting op die regering om toe te sien dat kinders behoorlike en voldoende voeding ontvang en die VF Plus sal nie toesien dat kinderhuise sukkel om selfs net in kinders se basiese voedselbehoeftes te voorsien nie.
Kontaknommer: 082 490 6663