Die toestand van talle van die land se paaie, die slagare van die land se ekonomie, dien as klinkklare bewys van die ANC-regering se onvermoë om te regeer en sy klaaglike mislukking wat plaaslike regering aanbetref.
Paaie is een van verskeie faktore waaraan ‘n munisipaliteit moet aandag gee om klein sake-ondernemings te help om op die been te kom en te groei om by te dra tot werkskepping en ekonomiese groei in die land.
Roetes soos die N12-nasionale pad en plekke in die munisipaliteite JB Marks, Matlosana en Makwassi Hills, is feitlik onbegaanbaar. Slaggate van tot 20cm diep en skade wat swaar voertuie veroorsaak het, veroorsaak dat die paaie eerder ‘n las as ‘n voordeel vir inwoners is.
Die redes vir die swak toestand van paaie is die onvermoë van die ANC om te regeer en te bestuur en die aanwending en onbevoegdheid van tenderpreneurs in die proses van korrupsie en kader-ontplooiing .
Die tyd het aangebreek dat die ANC erken hy faal die mense van Suid-Afrika en om op te tree tot voordeel van die belastingbetalers van Suid-Afrika.
Kontaknommer: 079 409 8342