fbpx
Vryheidsfront Plus

Premier Makhura het groot en duur drome vir bankrot munisipaliteite, moet ook optree teen korrupsie

• Uittreksel uit die repliek van me. Amanda de Lange, VF Plus-LPW in Gautengse wetgewer, op die openingsrede van premier David Makhura.

Die premier van Gauteng, David Makhura, se provinsiale rede is in sekere opsigte ‘n groot teleurstelling en rigtingloos.

Dit is teleurstellend dat ‘n persoon met soveel politieke ondervinding sy nuwe uitvoerende komiteelede opdrag gee om ‘n werkbare plan binne honderd dae voor te lê terwyl die provinsie reeds sestig dae met sy werksaamhede besig is. Die regering kom nie elke vyf jaar, wanneer ‘n nuwe termyn begin, tot stilstand nie.

Makhura se plan oor hoe hy die grootste ekonomiese sentrum in Suid-Afrika gaan ontwikkel, was gebrekkig en sonder inhoud.

Die premier het groot en duur drome vir munisipaliteite wat, wat volgens hom, tegnies onder die administrasie van die Gautengse provinsiale regering geplaas moet word weens wanbesteding en korrupsie.

Die VF Plus wonder of die premier die korrupte politici en amptenare aanspreeklik gaan hou en of hulle soos gewoonlik stil-stil in die politieke wandelgange verdwyn. Die party is ook bekommerd oor die ANC se obsessie om bankrot munisipaliteite in mega-stede saam te voeg.

Die hoofdoel van Gauteng moet wees om behoorlike plaaslike regerings te vestig voordat groter projekte aangepak word wat nie bestuur kan word nie. Om dorpe se finansies saam te voeg en dienslewering te sentraliseer, stuur op ‘n ramp af.

Die premier se toespraak was ‘n inspirasie vir ‘n sekere deel van die bevolking, maar nie vir gemeenskappe en getroue belastingbetalers wat ooglopend nie deel van sy vooruitgang- en ontwikkelingsplan is nie.

Die grootste deel van die provinsiale rede het gehandel oor die dringendheid rondom die voltooiing van HOP-huisontwikkelings en landelike ontwikkelings, maar daar is nie melding gemaak van spookontwikkelings en onbewoonde ontwikkelings nie.

Die Gautengse belastingbetalers het ‘n reg om te weet wat met hul swaarverdiende geld gebeur en dit is belangrik dat amptenare en politici verantwoordbaar gebou word.

Kontaknommer: 071 604 9498

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.