Die VF Plus het vandag ʼn klag by die menseregtekommissie (MRK) ingedien teen die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Potgietersrus) rondom die ernstige waterkrisis wat inwoners beleef.
Inwoners van strate soos Van Heerden-, De Klerk- en Retief gaan vir afgelope drie weke al gebuk onder watertekorte.
Die ANC-beheerde munisipaliteit se oënskynlike onvermoë, gebrek aan hulpbronne, finansies en politieke wil en faksiegevegte het die party genoop om nou ’n klag by die MRK in te dien.
Die party het ook ’n skrywe rig aan die LUR vir samewerkende regering, mnr. Basikopo Makamu, en hom versoek om dringend in te gryp aangesien die watertekort nie slegs die dorp nie, maar ook omliggende dele raak.
Potgietersrus verdien beter as die ANC.