Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mopani-distrik: VF Plus se ingryping by R529-pad werp vrugte af

Die VF Plus se druk op Limpopo se padagentskap (RAL) met die swak instandhouding van die R529-pad wat aansluit by die R36-pad na Gravelotte, werp nou vrugte af.

Die party het ingegryp na vele klagtes van gemeenskappe in die Mopani-distrik (Tzaneen, Phalaborwa, Gravelotte, Letsitele) dat die RAL laslappie-brouwerk aan die R529-pad doen en strepe op die pad langs slaggate verf.

Die VF Plus het self gaan ondersoek instel en die RAL voor stok gekry.

In ʼn onlangse video wat ʼn inwoner aan die VF Plus gestuur het, kan gesien word dat die slaggate nou behoorlik reggemaak is.

Die VF Plus duld nie die vermorsing van belastinggeld nie en sal sy waghondrol aanhou vervul soos in hierdie geval.

Die VF Plus moedig inwoners aan om te gaan registreer en te stem om van die ANC in Limpopo ontslae te raak en te vervang met ʼn bevoegde en verantwoordbare koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.

Saam kan ons Limpopo en die land herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.