Die VF Plus verwelkom die skorsing van, mnr. Bradley Slingers, die hoof finansiële beampte van die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke.
Luidens ʼn berig in Netwerk24 is Slingers met R600 000 in kontant in sy motor betrap in ʼn padblokkade.
Die VF Plus het in die provinsiale wetgewer ʼn mosie ondersteun om die LUR van die departement, me. Fufe Makhotong, te dwing om Slingers te skors. Die ANC het egter dié mosie teengestaan en verwerp.
Die LUR moes intussen noodgedwonge die knie buig en Slingers skors.
Om die voortstlepende diensleweringskrisis in die Noord-Kaap te verbeter, moet korrupsie en wanbestuur uitgeroei word.
Dit blyk egter dat korrupte amptenare hardnekking aan hul posisies en geleenthede tot wanbestuur wil vasklou.
Die VF Plus sal die ondersoek nougeset volg en seker maak dat ongerymdhede nie onder die mat ingevee word nie.
Die tyd het aangebreek vir die inwoners van die Noord-Kaap om te registreer en te stem om van die ANC in die provinsie ontslae te raak en te vervang met ʼn bevoegde en verantwoordbare koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.