Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Polokwane: Verdere ondersoeke gelas na “spookwerkers”

Danksy die VF Plus se volgehoue druk, het die Polokwane-plaaslike munisipaliteit verdere ondersoeke gelas na beweerde “spookwerkers” wat in diens is van die munisipaliteit en die oormatige oortyd wat werknemers eis.

Die party het voortdurend druk toegepas in die komitees waarop hy dien om hierdie bewerings deeglik te ondersoek en die skuldiges aan die kaak te stel.

Die raad het in Mei tydens ʼn spesiale raadsvergadering besluit om die hoof finansiële beampte, mnr. Naazim Essa, en die waarnemende direkteur vir strategiese beplanning, monitering en evaluering, mev. Mapula Mamabola, te skors.

Dit het gevolg nadat die onafhanklike forensiese ouditeure, Bowman-Gilfillan, in opdrag van die munisipaliteit die bewerings ondersoek het en dié twee amptenare by die ongerymdhede betrek het.

Dié twee amptenare sal binnekort verhoor word.

Volgens die burgemeester, mnr. John Mpe, vorm die ondersoeke wat tans voortgaan, deel van ‘n prestasiebestuurstelsel wat die munisipaliteit wil implementeer.

Alhoewel die VF Plus die burgemeester se aankondiging verwelkom, is dit onaanvaarbaar dat daar vir jare nie opgetree is teen korrupte amptenare wat die raad bedrieg en nie in belang van inwoners optree nie.

Die VF Plus sal die vordering met die ondersoeke met valkoë dophou om seker te maak dat ongerymdhede nie onder die mat ingevee word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.