Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Phokwane-stortingsterreine almal haglik

Die stortingsterreine in die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp, Pampierstad) is almal in ʼn haglike toestand en hou ʼn gesondheids- en veiligheidsrisiko in vir inwoners.

Die VF Plus het ʼn oorsigbesoek aan die terreine gebring en is vergesel van afgevaardigdes van die Francis Baard-distriksmunisipaliteit, waaronder Phokwane val, asook verteenwoordigers van die plaaslike regeringsvereniging (Salga).

Die stortingsterrein in Hartswater is nie omhein nie en ʼn informele nedersetting is oorkant die terrein gevestig. Volgens munisipale regulasies is dit ontoelaatbaar. Die afvaardiging is van mening dat die terrein eerder gesluit moet word.

By Pampierstad was daar mense wat deur die vullis gesnuffel het vir herwinbare materiaal. Dit was skokkend om selfs ʼn skrapsgeklede kind van om en by twee jaar oud ook in die vullis te sien rondgrawe.

Die vullisterrein op Jan Kempdorp is omring van ʼn informele nedersetting. Daar word selfs ʼn bok- en varkboerdery bedryf. Die plakkers is al verskeie kere verwyder, maar keer telkens weer terug.

Ganspan se stortingsterrein word ook as ʼn steengroef gebruik. Die materiaal word gebruik om slaggate op te vul.

Volgens mnr. Ntobeko Dyani, beheerbeampte by die departement van landbou, bosbou, vissery en die omgewing, behoort al hierdie stortingsterreine gesluit te word.

Aangesien die munisipaliteit nie eensklaps sonder stortingsterreine kan funksioneer nie, moet opknappingswerk dadelik begin. Dit is nie nodig om vir ‘n omvattende plan te wag om die basiese bestuur te verbeter nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.