Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Politieke onstabiliteit kelder Ekurhuleni-raadsvergadering

Politieke onstabiliteit ná die uitval tussen die ANC en EFF in die Ekurhuleni-metro, het nou daartoe gelei dat ʼn belangrike raadsvergadering vandag op kort kennisgewing uitgestel moes word.

Dit volg op die skielike bedanking van die speaker, me. Dora Mlambo, ná haar aanstelling as lid van die burgemeesterskomitee vir ekonomiese infrastruktuur en ontwikkeling.

Die vergadering sou belangrike sake behandel wat inwoners direk raak – sake wat dringende toesig, aanspreeklikheid en beslissende leierskap vereis.

In stede daarvan het raadslede en amptenare verniet opgedaag, aangesien die sitting nie wettig kon voortgaan nie weens prosedurele tekortkominge.

Ingevolge die Munisipale Strukturewet moet ‘n minimum van 72 uur kennis gegee word vir ‘n nuwe sitting wanneer die speaker se pos vakant raak. Intussen moet die stadsbestuurder die vergadering voorsit totdat ‘n nuwe speaker verkies is. Hierdie wetlike vereistes is nie nagekom nie.

Hierdie voorval weerspieël ‘n regerende party wat meer op politieke herskikkings fokus as op verantwoordelike regering. Behoorlike beplanning en nakoming van wetgewing is nie opsioneel nie – dit is ‘n fundamentele verpligting.

Aanspreeklikheid moet geneem word vir die vrugtelose uitgawes soos spyseniering en logistieke reëlings.

Raadsake moet met die erns en professionaliteit hanteer word wat inwoners van Ekurhuleni verdien. Inwoners kan dié soort chaos nie bekostig nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.